Die waarde van hierdie kragmeting lê veral daarin dat al 18 Oakdale-spanne tydens 'n sportdag van hierdie aard wedstryde kan speel.
Daar is min skole wat soveel spanne na Oakdale kan bring. Dit was veral die o.19A-wedstryd wat groot belangstelling gelok het.
Honderde toeskouers het hierdie aanskoulike wedstryd in goeie weer aanskou. Dit was Oakdale wat sonder sy senter, JT Jackson en heelagter, Ruan Barnard, moes klaarkom, wat eerste punte aangeteken het en met halftyd slegs 6-7 agter was. Met die wind van agter het Paul Roos die wind gebruik en uiteindelik die wedstryd met 24-11 gewen.
Terugskouend was dit 'n sportdag wat in baie goeie gees afgeloop het en het die Oakdalers, soos altyd hul rugby terdeë geniet. Paul Roos beklee tans die tweede plek op die skole Top 20-tabel.
Anwin Taute en Jaco Klinck, o.14 A, in aksie
Daniel Rademan, o.16 A, in aksie

'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'