RIVERSDAL NUUS - Die Bulle se eerste muurbalspan wen Paarl Gimnasium op 18 Mei met 'n telling van 12-2. Tydens 'n reusesportdag op 19 Mei neem 20 rugbyspanne teen Paarl deel, waarvan die Bulle sewe wen.
Die eerstespanwedstryd was 'n drieë-fees en 'n skouspel van aantreklike skolerugby. Dit was egter die Oakdalers se verdediging wat hulle veral in die tweede helfte in die steek gelaat het om die wedstryd met 39-47 te verloor.
Punte
- o.19A: 39-47 (Paarl),
- o.19B: 20-12 (Oakdale),
- o.19C: 27-14 (Oakdale),
- o.19D: 0-31 (Paarl),
- o.19E: 12-43 (Paarl),
- o.19F: 20-17 (Oakdale),
- o.19G&H: 21-40 (Paarl),
- o.16A: 8-22 (Paarl),
- o.16B: 7-29 (Paarl),
- o.16C: 26-19 (Oakdale),
- o.16D 0-34 (Paarl),
- o.15A: 5-0 (Oakdale),
- o.15B: 28-15 (Oakdale),
- o.15C: 12-17 (Paarl),
- o.15D: 25-0 (Oakdale),
- o.15E vs Heidelberg: 40-42 (Heidelberg),
- o.14A: 7-65 (Paarl),
- o.14B: 0-57 (Paarl),
- o.14C: 0-45 (Paarl) en
- o.14D: 0-48 (Paarl).
- Oakdale-Puntemakers o.19A
Drieë: Clyde Lewis (15), Trevino Gordon (14), Magnus Muller (1), Hannes Gous (5) en Creflo Witbooi (22);
Doelskoppe: Jan Daniël Strydom (10) x4;
Strafskoppe: Jan Daniël Strydom (10) ×2.
Van links is Jan Ernst Brink, Christie van Greunen, Jonathan Abrahams (afrigter), Rikus van Zyl en Jandré van Zyl van die eerste muurbalspan.
Saterdag meet die Oakdalers kragte met Hoërskool Outeniqua in 'n Premier Interskolewedstryd om 12:15. Hierdie wedstryd word ook direk op televisie gebeeldsaai.
Die twee skole sal in 'n taai stryd gewikkel wees, aangesien Oakdale verlede jaar die stryd by Kwaggas verloor het en vanjaar die bordjies wil verhang. Dertien wedstryde word op dié dag gespeel.
Agter, van links is Neil le Roux, Enrique Arendse, Dian Heunis, Johan Balt, Philip Kleynhans, Morné Els (o.k.), Armand van der Hoven, Welmar van der Mescht, Riaan Swart en Johan Durr. Voor: Simeon Oosthuizen, Paul de Villiers (k), Matthew Golden, Dieter-Steyn van Niekerk, Jacobus Esterhuyse en Kurtley Kiewiet.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'