HESSEQUA NUUS - Selfs die fikstes onder die fikses is besig om te knak onder die Covid-19 pandemie.
Stacy McLean, woordvoerder vir Anroux Marais, minister van die Wes-Kaapse departement sport en kultuur, kon nie ontken dat werksverliese binne die departement 'n realiteit is nie.
Met die sportbegroting wat met R38 miljoen van die begrote R260 miljoen gesny is, het Marais bevestig dat die feit dat minder sportgeleenthede plaasvind, wel 'n uitwerking op die tydelike sportadministrateurs en beamptes se werk en inkomste het.
Ten opsigte van die voortbestaan van sportrade wat onder die minsiter se departement val, het sy gesê hulle voortbestaan is verseker weens die feit dat die departement hulle ondersteun.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'