HESSEQUA SPORTNUUS - Muurbalspelers van Riversdal het gewys hulle is 'n span om mee rekening te hou deur Stilbaai en Heidelberg in 'n onlangse toernooi oortuigend te wen. Die Hessequa driehoekige muurbaltoernooi het by die muurbalklub plaasgevind.
Spanne het uit vyf mans en een vrou per span bestaan.
"Ons wil graag vir Hessequa-munisipaliteit bedank, wat die dag geborg het," het die voorsitter, Jonathan Abrahams gesê.
Uitslae
- Riverdal - 584 punte;
- Stilbaai - 448 punte en
- Heidelberg - 446 punte.
Die Riversdal wenspan bestaan uit Tian Heyns, Burton Riddels, Jan Oosthuizen, Carly Francies, Jonathan Abrahams en Neil Visser.
Die tweede plek is deur Nelus Loots, Waldi Haarhoff, Lizelle Gschwend, Ben Voster, Abrie du Preez en Daniel du Preez van Stilbaai ingeneem.
Heidelberg het die derde plek ingeneem en bestaan uit Christoff du Toit, Danie Mare, Cheslin Malgas, Lanelle Oostuizen en Ulrich Gunter.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'