RIVERSDAL NUUS - Inskrywings stroom mooi in vir die Ultra Trial Sleeping Beauty-bergwedloop wat op Saterdag 5 April op die oopgekapte wandelpaaie om Riversdal aangebied word.
Die wegspring en einde is by die Windhoek-gasteplaas van Pierre en Heidi Vermaak.
Inskrywingsgeld vir die verskillende afstande is:
- 10 km - R200
- 20 km - R400
- 40 km - R1 500
- 65 km - R2 200
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Maart en net 'n beperkte atlete sal toegelaat word om deel te neem.
Vir meer inligting besoek die webwerf: www.utsb.co.za of volg hulle op Facebook en Instagram.
Die kontakpersoon is Anja Louw by 079 498 632 of stuur 'n e-pos na race@utsb.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’