STILBAAI SPORTNUUS - Stilbaai-pluimbalklub se mansspan het Maandagaand, 17 Mei tuis teen George-pluimbalklub meegeding in die Eden-federasie se eerste pluimballigawedstryd sedert Covid-19 alle kompetisies en meeste oefeninge gestaak het.
Die span van George het vyf potte teen een gewen. Stilbaai is dankbaar vir die geleentheid om teen so 'n sterk span te speel en het dit baie geniet.
Volgens hulle is baie lesse geleer. Hulle is reeds weer volstoom besig om te oefen sodat hulle tydens die volgende wegspeelgeleentheid hulle vordering kan wys.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'