RIVERSDAL NUUS - Riversdal-rolbalklub se junior speler, Shanelle Saayman is op 2 Februarie gekies om Eden Bowls as 'n lei in Eden se A-span vir hul o/20's te verteenwoordig.
Sy het op 24 en 31 Januarie proewe op Outeniqua gespeel.
Saayman sal op 29 Maart tot 1 April in Bloemfontein by Rolbal Suid-Afrika nasionale junior kampioenskap vir Eden rol.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'