STILBAAI ROLBAL NUUS - Die balle het Woensdag 25 Julie behoorlik op die dorp se rolbalbaan gerol.
Kompetisie was baie sterk en almal het vir die pryse meegeding wat deur Personal Trust geborg was.
Die boonste baan is nog onder konstruksie en die walle word op die oomblik herstel. Dr. Louis le Roux, Johan Steenkamp, Anita van der Linde en Sarie du Plessis het tweede geëindig.
Die derde prys het aan Philip Cloete, Marie Steyn, Danie Botes en Mariaan van der Walt gegaan.
Die wenners van die dag was Annelie van Renen, Jan Steyn, Bokkie Erasmus en Piet Robbertse.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'