STILBAAI NUUS - Die nuwe jaar het goed afgeskop en daar is tans baie bedrywighede by die plaaslike rolbalklub.
Die eerste borgdag van die jaar was weer Emenel se borgdag.
Die Eden-liga het ook begin en Stilbaai het vyf spanne van vyf spelers ingeskryf, drie mans- en twee damesspanne.
Die eerste been het op 13 Januarie in Mosselbaai, Hartenbos en Groot-Brak plaasgevind.
Die tweede been van die liga was Saterdag 20 Januarie op Hartenbos, Outeniqua en in George.
Die derde been vind Saterdag 27 Januarie plaas.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'