Gallery Update
RIVERSDAL NUUS - Die rolbalbesigheidsliga is weereens goed op dreef.
Spanne het amptelik Donderdagaand 17 Januarie vir hul eerste punte gerol. Vanjaar is daar nie plek vir nog inskrywings nie. Spanne wat verlede jaar gespeel het, het dit so geniet en besluit om weer vanjaar in te skryf. Nuwe spanne het ook aangesluit.
Kompetisie is straf en daar heers weereens 'n goeie gees onder deelnemers en toeskouers.
Die bestuur doen 'n beroep op lede om by die klub aan te sluit. Vir meer inligting skakel René by 082 078 2064.
Lees 'n vorige artikel hier: Besigheidsliga skop afPieter Kleinhans van die Huntersspan, fokus op die teiken.'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'