RIVERSDAL NUUS - Twee spanne van Riversdal-rolbalklub het op Saterdag, 19 Maart aan die Novice Trips op Hartenbos deelgeneem.
Span 1 het uit Ashley Basson, Geoffrey Prins en Lily van Rhyn bestaan.
Celvin en Bennie Basson, asook Marlize Helberg het die tweede span volgemaak.
"Albei ons spanne het goed gevaar. Daar was altesaam 16 spanne wat deelgeneem het," het Charl Nortjé, die klub se woordvoerder gesê. Span 2 het 'n algehele eerste plek behaal en span 1 het 'n algehele sesde plek behaal. "Ons is baie trots op die spelers."
Op die foto is Celvin Basson, Marlize Helberg en Bennie Basson ingeneem. Lappies Labuschagne, Hartenbos-rolbalklub se president staan by hulle.
Van links is Ashley Basson, Lily van Rhyn, Geoffrey Prins en Lappies Labuschagne.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'