Update
STILBAAI SPORTNUUS - Stilbaai-rolbalklub se uitspeelrondtes om in die onderskeie kategorieë die klub se kampioene aan te wys het tot 'n einde gekom.
Die uitspeelrondtes het gedurende September en Oktober plaasgevind.
Die voorgee gemengde pare-afdeling is deur Reinette van der Berg (lei) en Dup van Renen (skip) gewen.
Magda Robbertse (lei) en Piet Robbertse (skip) het die gekose gemengde pare-afdeling ingepalm, terwyl Tharina Cloete en Piet Robbertse onderskeidelik die dames en mans enkelkampioen spel gewen het.
Gekose gemengde pare kampioene: Magda Robbertse en Piet Robbertse.
Enkelspel kampioene: Tharina Cloete en Piet Robbertse.
Vorige artikel: Stilbaai-rolbalklub wys kampioene aan
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'