Update Video
HESSEQUA SPORTNUUS EN VIDEO - Rolbal binne die Hessequa-streek is weer op dreef.
Belangstelling in dié sportkode het so gegroei dat Riversdal-rolbalklub na heropening op vlak 2 van die grendeltyd met 25 nuwe lede spog.
Die sekretaris, Louw Bester het gesê met die spel wat weer beoefen kan word, is bewys dat bestaande en nuwe lede nie kon wag om in die spel te deel nie.
By alle klubs word streng Covid-19 voorsorgmaatreëls toegepas en 'n maksimum van 36 spelers word op 'n slag op rolbalbane toegelaat.
Spel vind Woensdae en Saterdae in Riversdal plaas, met nie-lede wat Woensdagaande om 18:00 die geleentheid gebied word om in pare-spel hul rolbalvernuf te toon.
Louise Steytler, 'n afrigter en bestuurslid van die Stilbaai-rolbalklub het verduidelik dat hulle ook die aantal spelers beperk en die wedstrydsekretaris, Piet Roodt (074 775 1955) moet vooraf gekontak word om jou plek op die baan te bespreek.
Stilbaai-rolbalklub speel Maandae, Woensdae en Saterdae, met nie-lede wat ook welkom is om 'n plek op die baan te boek.
Trinette Evert, tesourier van die Heidelberg-rolbalklub sê hulle speel Woensdae en Saterdae en nuwe lede kan hulle kontak om saam te speel.
Kyk 'n video hieronder
Volgens 'n gesoute Witsand-rolbalklublid, Penny Taylor, vind spel Dinsdae en Saterdae daar plaas.
Christo Bekker in aksie.
Celvin Basson (middel) maak Saterdag gereed om nog 'n skitter-aflewering te rol.
Vorige artikel: Rolbal op dreef binne Hessequa
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'