RIVERSDAL SPORTNUUS - Die balle is behoorlik aan die rol by Riversdal-rolbalklub.
Met rolbal wat weer onder vlak 2 van die inperking gespeel mag word, is bewys dat bestaande en nuwe lede nie kon wag om in die spel te deel nie.
Die ledetal het met die opening van die klubhuis en bane met 25 lede gegroei.
Louw Bester, klubsekretaris het Saterdag, 12 September gesê lede speel Woensdae en Saterdae.
Woensdagaande van 18:00 sluit sosiale spelers by hulle aan om nie net die spel te geniet nie, maar ook die samesyn van sportmanne.
• Lees meer in die volgende uitgawe van Suid-Kaap Forum, asook aanlyn oor rolbal wat weer by verskillende klubs binne die Hessequa-streek beoefen word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'