STILBAAI NUUS - Kira Bester, wêreldkampioen roeier van die Strand, het Saterdag 26 Oktober die bootstoor van die Stilbaai Roeiklub amptelik geopen.
Die afgelope twee jaar moes die klub toestemming van die munisipaliteit kry om die bootstoor op te rig, deur al die prosedures gaan en 'n publieke deelname proses hê om die broodnodige fasiliteit op te rig.
Dit was egter deur en deur die moeite werd en die pragtige gebou, neffens langs Hulle By Die See, smelt mooi saam met die omgewing.
Daar is plek vir 80 kajakke en binne twee maande is al die plekke verkoop aan roeiers wat hulle kajakke daar wil stoor.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’