RIVERSDAL ROLBALNUUS - Vier van Riversdal Rolbalklub se jong manne, Brendon Damons, Francois Damons, Celvin Basson en Ashley Basson, was bevoorreg om Eden te verteenwoordig by die Wes-Kaapse onder 45 toernooi op Worcester op 28 en 29 Augustus.
Hulle het een van hul wedstryde gewen en elke wedstryd met passie aangepak en ook baie ervaring opgedoen.
Eden het vier spanne ingestuur en twee spanne het goud en silwer medaljes verower.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'