RIVERSDAL NUUS - Riversdal-rolbalklub het vyf lede gehad wat die klub by die Eden-liga (vierde afdeling) se eerste rondte vir 2022 verteenwoordig het op 15 Januarie in Hartenbos.
Die dubbelsspan het uit Brendon Damons en Charldré Saayman bestaan en die tripsspan uit Bennie Basson, Ashley Basson en Francois Damons.
Albei die spanne het spel met ywer aangepak en uitstekend gespeel, sodat die klub tans in die eerste plek op die rangorde geplaas is.
"Riversdal Rolbalklub is verskriklik trots op hierdie manne. Ons sien uit na die tweede rondte en hoop ons kan op die sukses van die eerste ronde bou om ons plek aan die toppunt van die ranglys te behou," het Charl Nortjé, klubwoordvoerder gesê.
Sedgefield is in die tweede plek en Outeniqua in die derde plek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'