RIVERSDAL NUUS – Die dorp se enigste openbare gimnasium gaan ná dekades sluit. Volgens gerugte gaan die perseel in ‘n kuierplek omgeskep word of as pakhuis vir ‘n kettingwinkelgroep dien.
Die gimnasium het sowat sewentig gereelde lede.
“Ek weet mense is ontevrede en ek besef die waarde van ‘n gimnasium in ‘n gemeenskap, maar dit is uit ‘n sake-oogpunt bloot nie meer vir my moontlik om die gimnasium winsgewend te bedryf nie,” sê die eienaar Guy Kopa.
“Dit was ‘n moeilike besluit om die gimnasium te sluit. Die ledegeld delg bloot nie al die uitgawes nie."
Mense kan steeds daar oefen teen ‘n dag- of weekfooi. Die gimnasium is van vyfuur soggens tot agtuur saans oop.
Die huidige fiksheidinstrukteur, Grant Albertus, 28, sal steeds hulp verleen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’