RIVERSDAL ROLBALNUUS - Die eerste Personal Trust-rolbaldag, onder leiding van Jacobus (Prof) Stadler, is Saterdag, 13 Februarie by Riversdal-rolbalklub aangebied.
Tydens hierdie rolbaldag is die nuwe borg geseël. Stadler het self ook deelgeneem en sy span het tweede geëindig, naas Monica le Roux se wenspan.
Marie Boshoff het háár span na 'n derde plek gelei.
Stadler het spelers ook touwys oor die spel gemaak en nuwe vaardighede aangeleer.
Riversdal-rolbalklub is nou amptelik op die lys van 14 rolbalklubs wat deur dié trust geborg word.
Jacobus 'Prof' Stadler in aksie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'