STILBAAI NUUS - Eden-pluimbal se eerste reeks vriendskaplike wedstryde in sy plaaslike klubkompetisie is verlede Woensdag op Stilbaai aangebied.
Die Eden-pluimbalfederasie bestaan uit vier klubs van Oudsthoorn, George, Mosselbaai en Stilbaai, wat elk twee keer teen mekaar speel. Die laaste wedstryde word in Augustus afgehandel.
George was altyd te sterk vir Stilbaai en het hulle in die vorige paar jaar in skoon stelle geklop, maar Stilbaai kon dié keer darem twee van die 12 potte wen.
Die Stilbaai-pluimbalklub is tans die vinnigste groeiende klub in die omgewing. Spelers kom elke week op 'n Maandag- en Woensdagaand in Stilbaai se gemeenskapsaal bymekaar om te oefen.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'