Oakdale het aan al ses kategorieë deelgeneem en in vyf kategorieë goue medaljes gewen.
Die spanne sal in die volgende twee weke voorberei vir die SA-kampioenskappe wat van 20 tot 22 Maart in George plaasvind.
Die uitslae was soos volg: 400 kg - Goud; 440 kg - Brons; 480 kg - Goud en silwer; 520 kg - Goud en silwer; 560 kg - Goud en brons; 600 kg - Goud en brons.
Die 440kg span is agter van links: Streicher Moller, TL Steyn, Piet Lourens (afrigter), James Cowley en MC du Plessis. Voor van links is Theunis Linde, Hans Schutte, Francois Barnard en Franco Cilliers.
Die 400kg span is agter van links: Tiaan Conradie, Johan Swart, De Wet Theunissen, TL Steyn en Matthys Swart. Voor van links is: Petrie Frick, Pierre Blignaut en Wian Kotzé.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'