RIVERSDAL MUURBALNUUS - Twee muurbalspelers het die afgelope vakansie vanaf 24 tot 29 April aan die SA Platteland Muurbaltoernooi in Bloemfontein deelgeneem.
Daniël du Preez (gr 8) het die tekkies laat fluit op die muurbalbaan. Hy het ses wedstryde gespeel waarvan hy drie gewen en drie verloor het.
Sy kranige vertonings het aan hom 'n plek in die SA Platteland-span besorg.
George Gerber (gr 11) het uit sy vyf wedstryde een oorwinning behaal.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'