STILBAAI SPORTNUUS - Die NSRI se Stasie 31 op Stilbaai het Saterdag 31 Desember meer as 'n 1 000 hardlopers en stappers na hul 10 en 6 km-wedlope gelok.
Die hawe was vroegoggend al 'n miernes van bedrywighede en daar was nie plek vir 'n muis nie.
Die stasiebevelvoerder van Stasie 31 het gehoop dat hulle darem sou verbeter op verlede jaar se 500 plus, maar hierdie opkoms het hy nooit verwag nie.
Daar was deelnemers uit alle ouderdomsgroepe en heelwat mense het as 'n gesin deelgeneem. Dan was daar natuurlik ook die mense wat hul honde saamgeneem het om hulle te sleep sou hulle moeg raak.
Ten spyte van die karnavalatmosfeer was daar darem ook die ernstige hardlopers. Danté Raath van Pretoria het die manswedloop gewen met Kobus Uys van Rustenburg in die tweede plek. Danté het ook verlede jaar die wedloop gewen.
Leandri Claassen van Pretoria het die vrouewedloop gewen met Elmarie Goodchild van Bloemfontein in die tweede plek en Cecilia Raath, ma van Danté, in die derde plek.
Leandri het Stilbaai behoorlik aan die brand gehardloop hierdie vakansie, want sy was ook eerste met Jagersbosch se strandwedloop en Nuwejaarsdag se parkrun.
Kobus Uys (links) was algeheel tweede in manswedloop met Danté Raath (regs) weer die wenner.
Die drie topvroue in die vrouewedloop. Van links: Elmarie Goodchild (2de), Leandri Claassen (wenner) en Cecilia Raath (3de).
Die eerste opdraande wat op die deelnemers gewag het.
Dié atlete bereik die einde van bospad.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'