TUINROETE | HESSEQUA HENGELNUUS - Die nasionale kushengelkampioenskape, een van slegs agt sportkampioenskappe wat in die tydperk Oktober 2020 tot Maart 2021 binne die Eden-sportraad se bedieningsgebied sou plaasvind, is gekanselleer.
Dié kampioenskap het jaarliks honderde hengelaars na strande van Stilbaai, tot sover as Wildernis gelok.
Jean Neethling, departementshoof vir die Tuinroete-kantoor van die departement sport- en kultuur het hierdie aankondiging Woensdag, 21 Oktober gemaak.
Volgens Neethling het nog 'n sportgeleentheid se organiseerders die Outeniqua-rolstoelkampioenskap ook gekanselleer.
Die twee kansellasies volg na die Wes-Kaapse minister van sport en kultuur, Anroux Marais R10 000 aan die kushengel federasie en R20 000 aan die rolstoelwedren toegestaan het om met die organisering van die byeenkomste te help.
Neethling het nie uitgebrei oor redes vir die kansellasie nie, maar vanuit die federasies word aangevoer dat die tyd wat hulle gegun word om die byeenkomste te organiseer, te min is. Neethling het gesê die geld sal aan ander sportgeleenthede toegeken word tot die twee betrokke byeenkomste weer sal realiseer.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'