RIVERSDAL NUUS - Esteban D'Emiljo (gr. 10) en Anze Gildenhuys (gr. 8) is ná afloop van die plattelandse muurbaltoernooi in die SA Plattelandse span opgeneem.
Hulle het Eden vanaf 29 April tot 2 Mei 2 by die toernooi in Bloemfontein verteenwoordig.
Esteban het in die seuns se o.16-ouderdomsgroep gespeel en ses van sy sewe wedstryde gewen en sy o.16-span het ook hul ouderdomsgroep by die toernooi gebuit. Hy is uit 32 seuns as nommer 5 gekies.
Anze het in die ouderdomsgroep vir o.14-dogters gespeel en vier van haar ses wedstryde gewen. Sy is uit 21 dogters as nommer 4 gekies.
Anze en Esteban gaan in die Junievakansie aan 'n nasionale interprovinsiale toernooi deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'