WITSAND/PORT BEAUFORT ROLBALNUUS - Rolbalspelers wat Hessequa-munisipaliteit verteenwoordig het, het 'n derde plek verower tydens die jaarlikse SSK-reklamedag op Saterdag 24 November in dié kusdorp.
Die plaaslike rolbalbane was 'n miernes van bedrywighede. Die reklamedag vind jaarliks plaas met SSK as die hoofborg. Besighede borg elk 'n span wat uit drie rolbalspelers en een nie-speler wat gewoonlik die besigheid self verteenwoordig. Op hierdie wyse wen die spel dikwels die nie-speler om permanent aan te sluit.
Twaalf spanne het vanjaar deelgeneem en die volgende besighede het as borge opgetree
SSK SA, Soill Swellendam, Geodebt Solutions SA, Hoeks Toyota Swellendam, Aida Witsand, PiliPili Restaurant Witsand, Gunter Bouers Witsand, Spitskop Steenwerke Riversdal, Heidelberg Spar, Boshoff Visser SA Swellendam, Anchorage Restaurant Witsand, Hessequa-munisipaliteit Heidelberg en Radie Makelaars RSA Bonnievale.
Anchorage Restaurant op Witsand met Radie Rademeyer, Fay Brooks, Hans Steyn (skip) en Eugene Vorster het die eerste plek ingeoes. Pili Pili Restaurant Witsand met Jan Storm, Anton Swanepoel (skip), Hantie Swanepoel en Hennie Garlick was tweede. Die besgeklede span was Spitskop Steenwerke van Riversdal.
Die pryse is deur Nico Uys namens SSK en Penny Taylor, president van Witsand/Port Beaufort-rolbalklub oorhandig.
Anchorage-restaurant op Witsand het die eerste plek behaal. Van links is Radie Rademeyer, Fay Brooks, Hans Steyn (skip) en Eugene Vorster.
Hessequa-munisipaliteit was derde met van links: Merven Kammies (skip), Adam Riddles, Giovani Pieters en Koos Roberts.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'