HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike rolbalklub meen dat rolbal in toeka se tyd gespeel was deur groot pampoene te rol, maar besef dat die vroue van daardie tyd nie sou toelaat dat met hul kos gespeel word nie.
'n Rolbalkompetisie was as een van die vele aktiwiteite van die Groot Pampoenfees op Saterdag 24 Maart aangebied.
Spanne van Barrydale, Riversdal, Riviersonderend, Swellendam, Witsand en Heidelberg het meegeding vir die pryse wat deur Shoprite/Checkers geborg is. Delish en Arista Boerdery het ook kosprodukte bygedra vir pryse en vir 'n heerlike middagete. Die klub bedank al die borge vir hul bydrae tot 'n baie suksesvolle en genotvolle dag vir al die deelnemers.
Die wenners was 'n Heidelbergspan onder leiding van Adam Riddles, tweede was die span van Barrydale onder leiding van Harold Franklin en derde was ook 'n Heidelberg span, onder leiding van Gilbert Roberts.
Rolbal is 'n pretsport en jy kan daaraan deelneem van kindsbeen tot diep in die senior jare. Belangstellendes kan John by 072 389 4488 skakel vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'