HESSEQUA NUUS - Die Wes-Kaapse minister van sport en kultuur, Anroux Marais het in Riversdal te kenne gegee dat sy alles in die stryd sal werp vir sport se voortbestaan.
Marais se aankondiging op 23 September en eposse daarna volg na sy bekend gemaak het dat die nasionale regering sport ten opsigte van befondsing as nie-essensieël beskou nie.
Marais het sportfederasies binne die Eden-sportraad se bedieningsgebied tydens 'n tjekoorhandiging aan meer as 30 federasies toegespreek en haar en haar department se ondersteuning toegesê.
Sy het egter alle sportlui versoek om hul deel by te dra om te veg vir die beoefening en befondsing van sport.
• Lees meer aanlyn en in Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'