Gallery
RIVERSDAL ROLBALNUUS - Die Mannedag wat Saterdag, 14 Augustus deur Riversdal-rolbalklub aangebied is, was goed deur 10 spanne verteenwoordig.
Vier spanne van Riversdal, twee van Witsand, twee van Swellendam, een van Ladismith en een van Stilbaai het die totaal opgemaak.
Die eerste vier wenspanne het pryse ontvang.
Fotogalery: Mannedag by Riversdal-rolbalklub
Uitslae
1. Riversdal; 2. Witsand; 3. Witsand; 4. Swellendam.
"Ons eerste spinwiel wenner was Thys Swart van die Ladismith-span. Ons tweede ewekansige spinwielwenner was Francois Damons," het die mediabeampte, Charl Nortjé gesê. Albei het geskenkpakke van twee verskillende borge ontvang.
Daar was ook pryse vir die drie persone wat eerste touchers gekry het, asook 'n bottel wyn vir elk van die spanne wat in die vyfde tot 10de plek gekom het.
Gerald Enright het 'n sertifikaat ontvang vir sy Wrong Bias.
Een van die Swellendam-spanne het 'n troosprys ontvang vir die span wat die minste punte vir die dag behaal het.
Alle Covid-19-regulasies is gevolg en toegepas soos voorgeskryf deur Eden Bowls.
Ander nuus
Brendon Damons, Francois Damons, Ashley Basson en Celvin Basson verteenwoordig Eden Bowls by die Western Cape Provincial Bowls under 45 trips-toernooi wat op 28/29 Augustus op Worcester gaan plaasvind.
Hulle is een van die vier spanne wat Eden Bowls gaan verteenwoordig.
"Ons wens hulle baie sterkte toe en dat hulle Riversdal-rolbalklub, asook Eden Bowls se naam hoog sal hou."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'