HESSEQUA NUUS - Luan Serfontein en Linay-Monique Noëth het na afloop van die Wes-Kaap-skyfskietkam-pioenskap gedurende die naweek van 25 Augustus verskeie prestasies behaal.
Serfontein: Verwerf WP- en Eden-kleure, is top-mansskut van 2018, verower 'n bronsmedalje in die o.14 3P- en 'n silwer- in die o.14 10m-afdeling.
Noëth: Verwerf Eden-kleure, beste vordering 2018, stel 'n nuwe WP-rekord vir die o.14 10 m-afdeling op en verwerf 'n goue medalje in die o.14 10m-afdeling.
Die twee skuts is in die WP-span opgeneem om Wes-Kaap op 5 en 6 Oktober by die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Durban te verteenwoordig.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'