HESSEQUA NUUS - Twee leerders hou die skool se naam hoog in kykNET se Dans in jou taal-kompetisie.
Hanko (gr. 5) en Lynelle (gr. 3), asook hulle boetie Ilan Geldenhuys (gr. R in Ienkel Dienkel) het op 18 Julie saam met die groep Spitsvonk van Anwyn's Acro Dance Studio aan die provinsiale uitdunne in George deelgeneem.
Hulle het deurgedring na die nasionale eindronde wat einde Augustus in Pretoria plaasvind.
Die reeks gaan in Januarie volgende jaar op kykNET gebeeldsend word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'