HESSEQUA NUUS - Die hewige stryd vir die gesogte titel, King of the Waves, het die naweek van 6 en 7 Mei in Blouberg plaasgevind waar meer as 40 van Suid-Afrika se voorste opblaasboot-wedrenspanne deelgeneem het aan die derde en vierde been van die nasionale reeks.
Die reeks bestaan uit vier wedrenne van verskillende formate waarvan, King of the Waves, een van hulle is.
Wian Strydom en Johann Lodewyks het deelgeneem met Albertinia Meubelvervoer as borg. Saterdag 6 Mei was die eerste en tweede uitdunne, waar hulle tweede plek behaal het in die eindronde en vierde geëindig het vir die dag.
Dié twee was Sondag vol moed waar hulle die eerste uitdunne gewen en 'n derde plek behaal het in die tweede helfte. In die eindronde was hulle met 'n halwe ronde voor tot hulle 'n boei raakgery en algeheel tweede geëindig het.
Wian Strydom en Johann Lodewyks wat meegeding het aan die gesogte titel, King of the Waves.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’