HEIDELBERG NUUS - Ancha Adams van Heidelberg Karate Kyousei dojo het met 'n silwer medalje by Karate Suid-Afrika Elite kampioenskap weggestap.
Dit het by die Steve Biko kampus in Durban op Saterdag 15 Julie plaasgevind.
Sy het in die 12 tot 13 jaar ouderdomsgroep, onder 47kg deelgeneem. "Volgens Karate Suid-Afrika sal hierdie resultate van die Elite kampioenskap dien om atlete in hul rangorde vir hul onderskeie afdelings in die items kata, unison kata en kumite in Suid-Afrika te plaas.
Die kompetisie was baie sterk en was 'n hoë standaard gehandhaaf. Ek wil elkeen wat haar ondersteun en seënwense gestuur het bedank," sê sensei Peter Adams (instrukteur).
Ancha saam met haar spanmaats.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'