RIVERSDAL SPORTNUUS - Twee-en-dertig senior muurbalspelers en 12 juniors het aan Riversdal-muurbalklub se klubkampioenskap vanaf 5 April tot 8 Mei deelgeneem.
Uitslae
Mans: 1. Jonathan Abrahams; 2. Jan Oosthuizen;
Vroue: 1. Carly Francies; 2. Chanel Louw;
Juniors: 1. Tian Heyns; 2. Esteban D'Emilje;
Juniors plaat: 1. Juan Heyns; 2. Luan van Tonder.
"Baie dankie aan al ons borge, asook die deelnemers. Ons nooi ook alle belangstellende spelers om by ons aan te sluit," sê die voorsitter, Jonathan Abrahams.
In die junior-afdeling het Tian Heyns die louere ingeoes. Esteban D'Emilje was die naaswenner.
Chanel Louw (naaswenner) en Carly Francies (wenner) in die vroue-afdeling.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'