HESSEQUA NUUS - Werner Oosthuizen (12 ) het uitstekend gevaar in vanjaar se SA nasionale gekwalifiseerde hitsmotorkampioenskap op Saterdag 6 Mei in Oudtshoorn.
In die afdeling vir Junior Mini's, waarin daar vier deelnemers was, het Werner die eindronde in sy klas gewen.
Hierdie was sy vyfde resies tot dusver. Hy het al van kindsbeen af 'n passie vir hiérdie sport.
Hendricus Botha, wat deur Albertinia Meubelvervoer geborg word, het tweede gekom in dieselfde resies, maar in 'n ander klas (2.1 Modifieds).
Hendricus Botha wat tweede plek behaal het, in aksie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’