Gallery Update
ALBERTINIA NUUS - Christo Jantjies van dié dorp het hom tydens die IFBB MaxFITT-kompetisie in Knysna goed van sy taak gekwyt.
Nege atlete het hul spiere tydens die kompetisie wat op Vrydag 5 April plaasgevind het, gebult.
Jantjies het drie eerste plekke in sy afdeling verower, wat onder meer o.80 kg Mens Classic Body Builder insluit. Hy is ook die algehele senior manswenner.
Die prestasie het verseker dat hy vir die WP-span gekies word en hy bedank sy vriende en familie vir hul ondersteuning.
Jade Kruger was die wenner in die Beach Bikini-afdeling, Slade Sparks is as Junior Body Builder aangewys en Kent Sparks het die Mens Physique-afdeling gewen.
Max Kiewitz, organiseerder, het in samewerking met die IFBB-span dié dag moontlik gemaak. Volgens hom was dit 'n suksesvolle dag met atlete wat baie potensiaal vir liggaamsbou wys. Die volgende kompetisie sal provinsiaal wees.
Lees 'n vorige artikel hier: Spiere bult in Knysna
Slade Sparks, Christo Jantjies en Kent Sparks. Foto's: Heinrich Fortuin, korrespondent.
Jade Kruger het aan die 'Beach Bikini'-afdeling deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'