STILBAAI NUUS - Stilbaai-rolbalklub het Saterdag 10 Junie hulle jaarlikse Presidentsdag-toernooi aangebied.
Nege klubs het met 24 spanne deelgeneem in pragtige winterweer. ‘n Span van Outeniqua-rolbalklub was die uiteindelike wenners met twee spanne van Stilbaai tweede en derde.
Outeniqua se wenspan het bestaan uit Greg Young, Emile Bredell, Ann Fick en Charlene Strydom. By hulle staan Jacobus Stadler (Prof) van die hoofborg Personal Trust.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’