RIVERSDAL SPORT-NUUS - Andrie Swart (gr. 12) is tydens die skool se Erkenningsaand as sportvrou van die jaar aangewys. Sy het SWD vir tweekamp verwerf en is in die o.18A-Edenspan vir hokkie opgeneem.
Sy ontvang die beker vir beste senior hokkiespeler en die Goossen van der Merwetrofee vir beste prestasie in sport en akademie. Sy is kaptein van die eerste hokkiespan en is ook in die skool se atletiek- en swemspan.
Sy ontvang diplomas vir Afrikaans huistaal, besigheidstudies, lewensoriëntering, rekeningkunde en wiskunde en het 'n gemiddelde akademiese prestasie van 75.0% (halfkleure).
Die skool bedank Anton en Adrie Swart (Hessequa Abattoir & JC Slagtery), 'n jarelange borg en met baie fondsinsamelingsgeleenthede gehelp het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'