HESSEQUA NUUS - Die Hessequa Domino-vereniging het hul drie toernooie afgesluit met oorwinnings in twee uit die drie wedstryde.
Die laaste wedstryd teen Eden op Sondag 6 Oktober het op Mosselbaai plaasgevind waar hulle teen Wynland, Langeberg en Eden gespeel het. Hessequa het eersgenoemde twee gewen, maar het 210-197 teen Eden verloor.
"Dit was naelskraap, maar die span is baie trots dat ons die eindronde gehaal het al is ons ongelukkig dat ons verloor het," sê Freek (Vaatjie) Adams van die spanbestuur.
Die spelers van die wedstryde was Edwin Kortjé, Juan Saayman, Handré Hartnick, Jan Hartnick, Jan Heyns, Koos Saayman, Sheila Adams, Jolene Hartnick, Adam Baardjies, Elise Hendricks, Grayton-Lee Gavin, Fred Carelse, Dean en Martin Gelderblom en Leonie Jantjies.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'