HESSEQUA NUUS - Hendricus Botha, wat sedert 2013 deur Albertinia Meubelvervoer geborg word, het Saterdag 23 September die voorreg gehad om teen die beste hitsmotorrenjaers te kompeteer vir die gesogte nasionale SA kampioenskapstitel in Oudtshoorn.
Botha het in die Klas 2.1 (gemodifiseer) 'n eerste plek in die eindronde behaal.
In die eerste rondte het hy eerste weggespring en tweede geëindig en in die tweede ronde het hy 14de weggespring en tweede geëindig.
Hendricus Botha wys sy staal tydens die Suid-Afrikaanse hitsmotorkampioenskappe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’