HEIDELBERG SPORTNUUS - Heidelberg-rolbalklub het Saterdag, 27 Maart ‘n kompetisie as deel van Heidelberg se Groot Pampoenfees aangebied.
As gevolg van Covid-19 was die fees vanjaar egter slegs ‘n mini-pampoenfees.
Klubs van Barrydale, Ladismith, Riversdal en Swellendam, asook die gasheerklub, Heidelberg, het deelgeneem.
Daar is aan al die toepaslike Covid-19 vereistes voldoen, soos deur Rolbal Suid-Afrika voorgeskryf.
John Evert (president) staan by die wenners. Van links is Charldré Saayman, Marie Boschoff en Marius Saayman. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'