ROLBAL NUUS - Heidelberg-rolbalklub het op 27 April 'n Vryheidsdag American Singles-toernooi gehad. Oud en nuut het teen mekaar gekompeteer en soms sommer teen hulself.
Die leie het natuurlik die beste gevaar, want hulle kan mos in 'n kop intrek terwyl die skips en derdes probeer wegspeel. Sommige het weer terug aarde toe gekom en besef hoe belangrik is trek.
In die mansafdeling het Wally Steenhuis gewen met 47 punte.
Gesamentlik tweede was Braam Boonzaier en Sewes Saayman met 32 punte.
By die vroue was Amelia Uys die wenner met 39 punte en tweede was Carla van Tonder met 37 punte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’