HEIDELBERG SPORT NUUS - Die naweek gaan Heidelberg wemel soos sportgeesdriftiges hulle weg na die plaaslike krieketklub, Heidelberg United, asook die rugbyklub, alombekend as Heibi, gaan vind wat Riversdal se krieket- en rugbyklubs die stryd aansê.
Die gewilde ‘Pop a Wheelie’ vind ook by Kairos Senior Sekondêre skool plaas.
Saterdag speel United tuis teen Riversdal in hul SWDK-promosieliga halfeindstryd.
Die ander halfeindstryd word tussen Pirates United van Knysna op hul tuisveld teen Thembaletu United beslis.
Op die rugbyfront ding Heibi se drie spanne tuis teen Riversdal Blues in ’n voorseisoen vriendskaplike wedstryd mee.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'