RIVERSDAL NUUS - Gerrit du Plessis se atlete wat met die skole-atletiek deurgedring het, het op Vrydag 17 Februarie en Saterdag 18 Februarie in Oudtshoorn aan die Eden-atletiekkampioenskappe deelgeneem.
Die 33 leerders wat deelgeneem het, het elkeen uitstekend in hul items gevaar.
Uitblinkers
- Clarese Moses (1ste plek in 3 000 m).
- Luciano Slawers (1ste plek in 800 m uit 35 atlete).
- Jaydrean Prins(Vlam) (1ste plekke in 400 m, 200 m en 100 m).
- Gershwin Fielies (2de plek 1 500 m).
"Baie geluk aan elkeen van ons 33 leerders wat deelgeneem en hul beste gelewer het. Ons is baie trots op julle. Mag julle nuwe hoogtes bereik," het Patrick Witbooi, skoolhoof, gesê.
Van Gerrit du Plessis se atlete wat vanuit die pawiljoen toekyk hoe hul medeskoliere vorder. Agter, van links is Aden Juta, Deno Heskwa, Clinton Ludidi en Hilary Scholtz. Middel: Gerswin Fielies, Luciano Slawers, mnr. Ruaan Matola, Jaydrean Prins en Mauri-quinn George. Voor: Keesha Michaels en Kaylin Francies.
Jaydrean Prins en Nashline Witbooi is reg vir aksie.
Clarese Moses is moeg maar tevrede.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'