STILBAAI NUUS - Die gemengde span van Piet Robbertse het met die louere weggestap tydens die agtste Stilbaai Classic rolbaltoernooi wat Vrydag 19 en Saterdag 20 Oktober plaasgevind het.
Altesaam 80 rolbalspelers van sover as Langebaan en Velddrif aan die Weskus en Port-Elizabeth in die Oos-Kaap het aan die toernooi deelgeneem.
Dit het oor drie dae gestrek en die 20 spanne moes veral Donderdag en Vrydag 'n sterk wind trotseer, maar dit het nie die spelers se gees gedemp nie.
Almal was dit eens dat dié rolbaltoernooi weereens heerlik en uiters suksesvol was.
Hessequa-burgemeester, Grant Riddles het die toernooi geopen deur die eerste bal te rol in die 'spyder'.
'n Kollekte vir liefdadigheid word eers gehou, waarna die wit bal op 'n muntstuk in die middel van die baan geplaas word met die spelers wat dan van reg rondom die baan 'n bal rol om die naaste daaraan te kom om 'n prys te wen.
in die tweede plek was van links: Gerrie van Rensburg, Fred en Rina Pienaar en Mariana van der Walt. Prof. Stadler staan agter by hulle.
Die spelers begin daarna om kragte te meet op die klub se twee bane.
Prof. Stadler wat die toernooi se hoofborg, Personal Trust verteenwoordig het, het die klub met die sukses van dié toernooi gelukgewens en aangekondig dat dié borgskap volgende jaar voortgesit sal word.
Klubpresident Mariana van der Walt het al die borge vir hul ondersteuning bedank, veral vir Personal Trust, Stilbaai Spar en Matchbox.
En aksie...
Wenners
Eerste plek: Piet en Magda Robbertse van Jongensfontein, Kobus Kriel van Hartenbos en Japie Combrink van George.
Tweede plek: Gerrie van Rensburg, Fred en Rina Pienaar, asook Mariana van der Walt van George.
Derde plek: Pieter en Marietjie Immelman, asook Anetta en Lukas Groenewald van Stilbaai.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'