STILBAAI NUUS - Met die afgelope Rolbal Classic toernooi het die plaaslike rolbalklub met die opening, asook hul afsluiting ‘n kring rol gehou.
Hoe werk dit? Al 96 spelers wat in die toernooi gespeel het, staan in ’n kring om die baan terwyl geld by hulle gekollekteer word. Dié geld word in die gemeenskap teruggeploeg.
Die wit bal word op ‘n muntstuk reg in die middel van die baan geplaas, waarna die spelers gelyktydig na die wit bal rol. Die persoon wie se bal die naaste aan die muntstuk lê, wen dan ‘n prys.
“Met die opening van die Stilbaai Rolbal Classic wat vanaf 18 tot 20 Oktober gehou was, was ons bevoorreg dat die munisipale bestuurder van Hessequa-munisipaliteit, Johan Jacobs die eerste bal met die kring rol gerol het. Dié geld was was ten bate van Huis Stilbaai,” het Gerald Enright van die klub gesê.
Na spel op 20 Oktober was daar weer ‘n kring rol en daardie geld was ten bate van Ouma Lena se huis, Die burgemeester sou die eerste bal hier rol, maar kon weens ander verpligtinge nie teenwoordig wees nie.
Mariana van der Walt, klubpresident het op Woensdag 14 November die geld wat met die kring rolle ingesamel was aan Baps Kirchner van Huis Stilbaai en Jenny Olivier van Ouma Lena se huis oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'