Gallery Update
STILBAAI NUUS - Die tweede Fynbos-hol wat deur die komitee van die Tuin op die Brak aangebied is, was pret vir alle ouderdomme.
Deelnemers van laerskoolleerders tot pensioenarisse het die 5 km-draf- of staproete op Saterdag 19 Oktober aangedurf. 'n Hele aantal viervoet-drawwers het saam met hul eienaars deelgeneem.
Suid-Kaap Forum se redakteur, Wilma Adamson, het ook haar stapskoene aangetrek en die koerant verteenwoordig.
Die weer het mooi saamgespeel toe die groep kort na 09:00 in bewolkte toestande by die kiosk in die tuin weggespring het. Die roete het hulle deur die tuin en teen 'n steil opdraand tot amper by die vliegveld geneem voor daar omgedraai is. Willie Delport (komiteevoorsitter) het intussen vir geurige worsbroodjies gesorg.
Eerste terug was Alrich Rademeyer in die o.12-afdeling, met Schalk Fouché (seuns 12-15 jr.-afdeling) kort op sy hakke in die tweede plek. Die eerste vrou (en hond) by die eindpunt was Elmien Mundell met Ben. Harold Basson was die eerste man wat die drafroete voltooi het.
Dis duidelik dat dié opdraand nie jou speelmaatis nie! Foto's: Wilma Adamson
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'