Gallery Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Nuwe posduifseisoen het begin en 'n goeie een is afgesluit.
Riversdal-posduifklub het hul prysuitdeling en die viering van die nuwe seisoen op Saterdag 30 Maart gehou.
Volgens JG Julies, voorsitter, het die klub goed gevaar. "Ons probeer altyd om die sport te bevorder en wil graag hê dit moet aanhou groei."
Frikkie Muller koer as kampioen in die langpad-afdeling en algehele kampioen. Hy is ook as klubkampioen aangewys.
Hannes Havenga stap met die toekenning as middelpad-kampioen weg en Eric Fortuin is as kortpad-kampioen aangewys.
Lede het baie voorbereiding om te doen aangesien die nuwe seisoen reeds op 29 Mei begin.
Lees 'n vorige artikel hier: Muller 'koer' as kampioen
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'