Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit, die SWD Sportraad en die Departement van Kultuursake en Sport span vanjaar saam om die funksie ter ere van SWD se sportlui in die banketsaal van die burgersentrum op 16 November op Oudtshoorn aan te bied.
Die finaliste het weer bewys dat daar uitstekende talent in die SWD is. Die afgelope tyd het name soos Louis Oosthuizen, Ernie Els en Brandon Grace die wêreld se aandag op hierdie deel van die land laat val en so is daar nog heelwat opkomende sport-sterre in die streek.
Van die finaliste sluit die paralimpiese atlete Dyan Buis, Marius Stander en Jaco Nel in. Bianca Buitendach het die wêreld aan die praat met haar branderplankry terwyl Warrick Galant en Duhan van der Merwe die SA skole rugbyspan gehaal het.
Daar is ook vanjaar voorsiening gemaak vir 'n laerskool-kategorie waar die veelsydigheid die bepalende faktor is.
As sportlegendes word die rugbygees Jan Lotz en Hester Las van netbal vereer.
Die volledige lys van finaliste is:
- Administrateur: Koos Louw (SK Rolbal), Coreen Storm (SWD-trompoppies), Frans van Zyl (SK Ligteboot Hengel).
- Afrigter: Rob Holden (SC Sailing), Evelyn Osborne (SC Sailing), Johnny Bisschoff (SWD-tompoppies), Eddie Myners (SWD-rugby), Pieter Lourens (SWD-toutrek).
- Plaaswerker sport: Joey Julies, Noof Tiemie, Gerhard Isaacs.
- Riaan Loots-toekennings: Zoar Sportraad (Nicolaas Booysen), Swartberg Netbal.
- Tegniese Uitnemendheid: Patrick Jaftha (SAFA Eden), Henschell Oersen (SWD-rugby), Gerhardus Rademeyer (SWD-snoeker).
- Federasie: SWD-fietsry, SWD-trompoppies, Atletiek SWD, SWD-toutrek.
- "Lifetime Achiever": Sue Walmsley (SWD Underwater), Tommy April (skolesport), Ig Lottering (skolesport), Joey Daniels (skolesport), Lavina de Reauck (skolesport).
- Ererol: John Abrahams (Atletiek SWD), J Koopman (SWD-rugby), Trevor van der Walt (SWD-krieket), Chris Liebenberg (SWD-jukskei).
- Nuweling van die Jaar: Anneke Jordaan (gewigoptel), Brandon Smit (SWD-skopboks), Jordan Duminy (SC Golf).
- Span: SC IPT Mens Golf (SC Golf), SWD o.21-rugbyspan (SWD-rugby), SC Ladies Bowls (SC Bowls), SC Shore Angling ladies team (SC Angling).
- Skoolspan: Oakdale-toutrekspan, SWD-Fietsry o.16-span, Struisies-trompoppies (Oudtshoorn Hoër ), Struisies sewes-span (Oudtshoorn Hoër).
- Skole Ontwikkelingspan: SS Groot-Brak Rugbyspan, SWD-fietsry o.12-span, SWD-ringbal o.13-span, Van Rheede-trompoppies.
- Laerskool Sportvrou: Minnekels van der Merwe (Hartenbos), Charlotte Wagener (Laerskool Van Rheede), Tamlyn Baardman (St Conrad Primary).
- Laerskool Sportman: Louis Meiring (LS Hartenbos), Martin Vorster (Milkwood Primary), Eugene van der Merwe (LS George-Suid).
- Skole Sportvrou: Janine van der Merwe (HS Outeniqua), Laetitia Lourens (Langenhoven Gimnasium), Jady Carelse (HS Oudtshoorn), Risiti Louw (HS Oudtshoorn), Faren Esau (HS Oudts-hoorn), Acantha Philander (HS Oudts-hoorn), Megan Bisschoff (HS Oudtshoorn), Jessica Gerber (Langenhoven Gim).
- Skole Sportman: Warrick Gelant (HS Outeniqua), Duhan van der Merwe (HS Outeniqua), Liam Fourie (HS Outeniqua).
- Sportvrou (gestremdheid): Elna Madolo (atletiek), Sharon Saayman (netbal).
- Sportman (gestremdheid): Dyan Buis (atletiek), Jaco Nel (SWD-fietsry), Marius Stander (atletiek), Adeo Breedt (atletiek), Gerrit Hendricks (OCC Rolstoel), Leon van Wyk (kushengel).
- Junior Sport-vrou: Bianca Buitendach (SWD-branderplankryers), Bernadine Bezuidenhout (SWD-krieket), Shaniques Loggerenberg (SWD-fietsry).
- Junior Sportman: Marcello Piedt (SWD-krieket), Corné Bence (SWD-fietsry), Rikus Nortjé (SC Golf).
- Sportvrou: Mathrin Simmers (SWD-rugby), Nicole Loesch (SC Golf), Kitty Terblanche (SWD-toutrek).
- Sportman: Christo Jordaan (gewigoptel), Sors Grobbelaar (SWD-skopboks), Shaun Raubnenheimer (SWD-rugby), Kempies Rautenbach (SWD-rugby), Dean Hopp (SWD-rugby).
- Inheemse sportster: Immiraan Malgas, Marco Baardman, Larry Tembo, Lucien Jordaan.
- Legende: Jan Lotz (rugby), Hester Las (netbal).