Gallery Update
EDEN SPORT NUUS - Rekords het die naweek van 1 Februarie tydens die interprovinsiale tweekampbyeenkoms gespat.
Die DCAS/Groter Oudtshoorn/Highgate interprovinsiale kompetisie het vir vyf Suid-Afrikaanse, vyf byeenkoms- en agt provinsiale rekords gesorg.
Die nasionale rekords is deur Marille Bass (WP), Johan Windt (Eden), Michael Forbes (Grens), Tricia Rix (WP) en Archie Markgraaff (Suid-Vrystaat) opgestel.
Dit was die grootste interprovinsiale byeenkoms nóg met 616 atlete wat ingeskryf het.
Westelike Provinsie het die spanbeker gewen gevolg deur Boland, Oostelike Provinsie en Eden. Die burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, was die gasspreker.
Die titel van senior victor ludorum is deur Johan Windt (Eden) en Michael Forbes (Grens) gedeel. Die senior victrix ludorum is Kelly Vroom (WP). Die junior victor ludorum is Matthew van Coller (OP) en die junior victrix ludorum Anke Serfontein (OP). Edie Lutsch, Damian Smith en Landré Cope het ook vir Eden medaljes verwerf.
Die volgende ligabyeenkoms sal op 11 Februarie op Mosselbaai plaasvind.
Eden-tweekamp bedank alle borge en donateurs.
Lees 'n vorige artikel: Eden-tweekamp vaar skitterend
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'